A SHORT POUR.
A LONG STORY.

DIE STORIE VAN OUBAAS

Daar is 'n OuBaas in elke familie.

Die een wat eerste die vuur aansteek.
Wat altyd 'n storie het om te vertel.
Wat jou leer dat 'n handdruk nog iets beteken, dat goeie dinge tyd vat, en dat daar altyd plek is vir nog iemand om die tafel.

OuBaas Brandy is vir hom gemaak.

Nie noodwendig die oudste man om die vuur nie — maar die een met daardie OuBaas-gees.

Die een wat weet waar hy vandaan kom.

OuBaas is gebore uit 'n liefde vir Suid-Afrika en die eenvoudige dinge wat ons mense bymekaar bring: 'n grondpad huis toe, die reuk van 'n braaivuur, 'n windpomp teen sononder, rugby op 'n Saterdag, familie om 'n lang tafel en stories wat elke keer 'n bietjie beter raak wanneer hulle vertel word.

Dis daardie oomblikke wat OuBaas wil vasvang.

Want in 'n wêreld wat al hoe vinniger beweeg, glo ons daar is steeds waarde in dinge wat nie gejaag kan word nie.

Goeie vriendskap.
Goeie vakmanskap.
Goeie brandewyn.

OuBaas kyk terug na waar ons vandaan kom, sonder om daar vas te steek. Dit vat iets bekend en eg Suid-Afrikaans en gee dit 'n nuwe plek aan vandag se tafel.

Van die plaasstoep tot die stad.
Van ou vriende tot nuwe stories.
Van een generasie na die volgende.

Die naam OuBaas gaan nie oor ouderdom of status nie.
Dit gaan oor karakter.

Om jou woord te hou.
Om jou mense te ken.
Om hard te werk.
Om maklik te lag.

En om te weet dat die beste oomblikke in die lewe selde beplan word — hulle gebeur wanneer goeie mense bymekaarkom.

Wanneer die son sak, die vuur brand en die stories begin loop, is daar altyd plek vir nog een.

OuBaas Brandy.

Gemaak vir goeie mense en goeie stories.

TERUG